Een dood, twee beseer in ongeluk naby Arandis

Een persoon het weens beserings beswyk en twee ander is beseer in ‘n ongeluk Vrydagaand op die B2-hoofweg sowat 15 kilometer buite Arandis in die rigting van Usakos. Na bewering het die bestuurder van die voertuig beheer daaroor verloor en die voertuig het omgeslaan. Mediese dienste was op die ongelukstoneel het die beseerdes na die hospitaal vervoer.