Springbokke steeds vierde op wêreldranglys 

Rugby: Die Springbokke is steeds vierde op die wêreldranglys ná Saterdag se nederlaag van 30-26 teen die tweede geplaasde span, Frankryk. Ierland is steeds nommer een, al het die land geen ranglyspunte verdien vir sy oorwinning met 35-17 oor Fidji in Dublin nie. Die All Blacks is in die derde plek ná hul sege van 31-23 oor Skotland in Edinburgh, terwyl Australië tot die agtste plek teruggesak het nadat hulle in Florence 29-28 teen Italië verloor het. Engeland is tans in die vyfde plek, gevolg deur Argentinië en Wallis. Skotland en Japan voltooi die top-tien.