Klimaatsverandering kan tot toename in malaria lei

Die gesondheidsdepartement in Gauteng waarsku veranderings in die klimaat kan lei tot ʼn toename in die gevalle van malaria in die provinsie. Volgens die adjunkdirekteur van die departement, Tebogo Matjokotja, is daar ‘n toename in gevalle van malaria in die Tshwane-metro aangeteken, met meer as ‘n duisend gevalle en 11 verwante sterftes die afgelope nege maande. Matjokotja sê brandpunt-gebiede word gemonitor.