Springbokke hartlik in Australië verwelkom

Die Bokke het vanoggend in Sydney aangekom en toe die kort reis na Adelaide afgelê – met ’n hartlike verwelkoming deur Suid-Afrikaanse ondersteuners wat die span op die lughawe ingewag het – waar hulle op Saterdag 27 Augustus hul eerste van twee toetse teen die Wallabies op die Adelaide Oval speel. Die span hervat Maandag hul volle veldoefensessies. Suid-Afrika pak die Wallabies op Saterdag 3 September in hul tweede toets in Sydney voordat hulle Argentinië in twee toetse, onderskeidelik in Buenos Aires  op 17 September en Durban op 24 September pak.