Springbok-vrouester teken kontrak met Japan-rugbyspan

Rugby: Die Springbok-vrouester, Nadine Roos, sal haar aanstaande maand met ʼn kontrak van ses maande by die Nagato Blue Angels in Japan aansluit. Sy verteenwoordig Suid-Afrika in Sewes en die vyftien-kode en is die eerste plaaslike vrou wat ʼn kontrak by ʼn Japannese klub kry. Volgens Roos sien sy uit na hierdie hoofstuk in haar ontwikkeling as ʼn beroepspele.