De Ruyter se bedanking hou groot risiko vir SA in

Volgens die energiekenner, Chris Yelland het André de Ruyter se bedanking op die slegste moontlike onverwagse tyd gekom. Yelland sê die kragmaatskappy het aangekondig sy vloot kragstasies is nou net op 51 persent, wat die land in ʼn kwesbare situasie laat. Hy het bygevoeg die bedanking kom op ʼn tydstip dat die bedryfshoof van Eskom, Jan Oberholzer reeds in April aftree. Die finansiële hoof, Calib Cassim, sal Eskom na verwagting ook verlaat.