Wes-Kaapse boere ly skade weens swaar reën

Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom, het bevestig ondanks die onlangse swaar reën wat in die provinsie verwelkom is, het dit ook sommige tafeldruif-wingerde, paaie en heinings op plase beskadig. Dit sluit gebiede rondom Tankwa Sentraal-Karoo en De Doorns in. Die omvang van die skade kan nie in hierdie stadium bepaal word nie. Strydom sê reënval van tussen 20 en 110 millimeter is in die provinsie aangemeld.