Springbok-vrouespan se afrigter se kontrak nie hernu

Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, sal volgens berigte sy pos aan die einde van die maand na vier jaar ontruim. SA Rugby het besluit om nie sy kontrak te hernu nie. Dit volg blykbaar op verskille met die hoё-prestasiebestuurder, Lynne Cantwell. Die voormalige kaptein van Ierland se vrouespan is in Februarie verlede jaar in die pos aangestel met die opdrag om die strukture van die vroue-spel in Suid-Afrika te verbeter. Raubenheimer se vertrek volg op dié van die afrigter van die Vroue Sewespan, Paul Delport, in September.