Zim-ekonoom: Afrika-landbousektor kort finansiering

‘n Zimbabwiese ekonoom het gereageer op President Emmerson Mnangagwa wat amptelik die 18de Streeks-universiteitsforum vir Vermoëbou in Landbou geopen het. Die forum poog om oplossings en strategieë te vind om Afrika se landbouvoedsel-stelsels ná Covid-19 te verbeter, asook om maniere te ondersoek om hoë-presterende gegradueerdes en navorsing van hoë gehalte te bied om boere in Afrika by te staan. Ekonoom in die buurland, Eddie Cross sê aan Kosmos 94.1 Nuus die grootste probleem met die Afrika-landbousektor is finansiering.