Malema sê Ramaphosa het sy ampseed geskend

Die EFF-leier, Julius Malema, sê President Cyril Ramaphosa het sy ampseed geskend. Hy het gepraat tydens die Nasionale Vergadering se debat oor die Artikel 89-onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-sage. Malema sê sy party sal nie stilgemaak word nie en sal voortgaan met sy pogings om Ramaphosa aanspreeklik te hou. Hy het na die President verwys as ‘n grondwetlike misdadiger.