Springbok-vroue verloor openingswedstryd

Frankryk het die Springbok-vrouespan vroeg vanoggend met 19-5 in hulle openingswedstryd van die Wêreldbeker op Edenpark in Auckland, Nieu-Zeeland, geklop. Die kaptein Nolusindiso Booi het voor die wedstryd gesê hulle het ‘n realistiese siening oor hulle kanse in die toernooi want Suid-Afrika is 11de op die wêreldranglys. Hulle is nietemin vasberade om in volgende naweek se wedstryd teen Fidji beter te presteer voor hulle op 23 Oktober met Engeland kragte meet.