New York verklaar noodtoestand oor migrante

Die burgemeester van New York, Eric Adams, het ‘n noodtoestand afgekondig as deel van die stad se hantering van die migrante-krisis. Amerikaanse media berig Adams sê migrante sal die stad in die huidige belastingjaar sowat 18 miljard Namibiese dollar kos. Hy voeg by meer mense kom in New York aan as wat nou gehuisves kan word, insluitend gesinne met babas en jong kinders. Adams sê die stad huisves nou meer mense as ooit te vore in sy skuilingstelsel. Hy doen ‘n beroep om federale en staatshulp.