Mededingingskommissie bestudeer SA-verslag oor kookolie se prys

Plaaslike berigte lui dat die Namibiese Mededingingskommissie die bevindings van sy Suid-Afrikaanse eweknie oor die prysbepaling van kookolie bestudeer om te kyk of dit ‘n ondersoek op die Namibiese mark regverdig. Die buurland se kommissie het bevind dat die prysstygings in die produk opportunisties is en in die waardeketting voorkom, nie in die prys van sonneblom saad nie. Yanna Smith het meer.