Springbok-vroue vaar sleg in Birmingham

Die Springbok-Sewes het tot die kwarteindronde van die Spele deurgedring. Hule het Tonga met 36-5 en Maleisië met 46-0 afgeransel in hulle twee Groep-B-wedstryde in Birmingham. Die Blitsbokke se finale groepwedstryd is vanmiddag teen Skotland. Maar dit was ‘n taai dag vir die Springbok-vroue-sewespan op die Coventry-stadion. Hulle het met 38-0 teen Australië verloor en in hulle tweede groepwedstryd het Fidji hulle met 41-0 verslaan. Die Suid-Afrikaanse vroue speel vanoggend teen Skotland. Intussen sal die Namibiese marathon-atlete, Helalia Johannes, Alina Armas en Tomas Rainhold vanoggend meeding in Birmingham.