Omdel-Wlotzka-pyplyn kry aandag

Die vervanging van die pyplyn van die Omdeldam na Wlotkazbaken aan die kus behoort binnekort te begin. NamWater het ‘n tender van 271 000 Namibiese dollar aan Lana Environmental Consulting toegeken om die omgewings-impakstudie en -plan voor te berei. Die Omdeldam is in die Omaruru-delta geleë en is so gebou dat hy die ondergrondse waterbronne hervul wanneer die Omaruru-rivier in vloed is. Dus word die dam se water ondergrond gestoor. Op die oomblik word 8,5 miljoen kubiek meter water jaarliks uit die dam onttrek.