Facebook het 7 dae om inhoud te verwyder, sê Kenia

Kenia se National Cohesion and Integration-kommissie het Facebook sewe dae gegee om haatspraak en aanhitsing op sy platform, wat verband hou met volgende maand se verkiesing, aan te spreek of die land skort sy bedrwighede op. Kenia berei voor vir ‘n presidensiële en algemene verkiesing op 9 Augustus. Volgens Global Witness is daar talle advertensies in die verband deur Facebook aanvaar maar, die inhoud daarvan is teenstrydig met Kenia se regulasies. Meta, wat Facebook besit, sê volgens internasionale nuusagentskappe dat hy uitgebreide stappe geneem het om die tipe inhoud uit te wis.