Springbok-vroue sien uit na Rugby-wêreldbeker

Rugby: Die Springbok-vroue sien uit daarna om hul Wêreldbeker-veldtog Saterdag te begin teen Frankryk in Auckland, Nieu-Seeland. Nadine Roos hoop om ná ‘n indrukwekkende vertoning vir Suid-Afrika by die Sewes-wêreldbeker in Kaapstad, haar goeie spelpeil in die 15’s Wêreldbeker voort te sit. Die 26-jarige word as een van die beste heelagters in die wêreld beskou.