Mediese besoeke per helikopter aan Ovahimba-gemeenskappe

Ten spyte van lang afstande en ‘n gebrek aan vervoer vir afgeleë Ovahimba-gemeenskappe in die Kunene-streek, is daar mediese uitreikprogramme vir hulle. Meer as 40 mense, insluitend kinders en swanger en borsvoedende moeders, het na die Otjinungua-kliniek by die Kuneneriviermond, gestroom om mediese hulp te ontvang wat per helikopter ingebring is. Volgens die hoof- mediese beampte, dr. Mugisha Barongo, word uitreikprogramme per helikopter ten minste een keer per maand gedoen in gebiede wat moeilik met voertuie bereikbaar is. Die Otjavaya-nedersetting, geleë in die noordweste van die Kunene-streek, is die tuiste van ‘n groep van meer as 100 Ovahimba. Die woordvoerder van die gesondheidsministerie, Walters Kayama …