Nam-howe gee uitgebreide magte aan polisie

Namibia Fact Check het ondersoek ingestel na die reg om te betoog, wat in die Grondwet is, teenoor die wette rakende openbare byeenkomste. Die organisasie sê 20 jaar gelede, is ‘n protesoptog ook deur die polisie verhoed en die burgerlike organisasies het hulle ook tot die hof gewend en die hof het in die guns van die polisie beslis. Nes soos op Onafhanklikheidsdag. Volgens Namibia Fact Check, mag die polisie, ingevolge die wetgewing, toestemming vir ‘n protes weier indien daar onder andere ‘n ernstige bedreiging van die openbare vrede of orde is of ‘n moontlikheid bestaan dat die byeenkoms gevoelens van vyandigheid tussen verskillende dele van die bevolking sal aanmoedig. Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het hom berus by die gevoelens van vyandighed en op daardie basis toestemming vanjaar geweier. Die hof het in beide gevalle bevind dat die polisie die reg het om openbare byeenkomste te weier veral as dit sou inmeng met sy sekuriteitsreëlings en gee dus aan die polisie, uiters breë en uitgebreide magte teenoor dié wat in die Grondwet vervat is.