Springbok-vroue: Raubenheimer bly hoopvol

Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, bly positief die span kan hulle eerste Wêreldbeker-oorwinning behaal wanneer hulle Sondag teen Engeland te staan kom. Suid-Afrika het gister in die doodsnikke van hulle kragmeting in Groep C teen Fidji in die Waitakere-stadion in Auckland met 21-17 verloor. Raubenheimer sê om teen Engeland, die topgekeurde span in die wêreld te speel, is geen geringe taak nie maar hulle het egter nog nie die hoop laat vaar om in die kwarteindronde te speel nie: