Ekandjo se deelname sal oorweeg word

Plaaslike berigte lui dat President Hage Geingob die Swapo-party se sentrale komitee opdrag gegee het om op 21 Oktober te vergader oor die moontlike kandidaatskap van Jerry Ekandjo by die party se verkiesings in November. Ekandjo het derde gekom vir die verkiesing van die party se vise-president, na Pohamba Shifeta en Frans Kapofi. Kapofi het onttrek en dus meen Ekandjo hy is dan outomaties in die wedloop. Hy het ook onlangs deur sy regsverteenwoordiger Richard Metcalfe bevestig hy sal die hof nader indien hy nie ingesluit is nie.