Kiëf loop weer deur onder aanvalle

Talle woongeboue is beskadig nadat ‘n reeks ontploffings vanoggend die Oekraïnse hoofstad Kiëf geruk het. Die presidensie sê die aanvalle is deur sogenaamde kamikaze-hommeltuie uitgevoer. Daar word berig aanvalle is ook in Sumy Oblast, in die noordooste van die land, en in Dnipropetrovsk in die suidooste aangemeld waar ‘n brand by ‘n energie-fasiliteit uitgebreek het nadat ‘n missiel dit getref het. Hierdie aanval volg presies ‘n week nadat Russiese missiele die Oekraïnse hoofstad en ander sentrums verlede Maandag getref het.