Springbok Sewes is gereed vir die naweek

Die Springbok Sewes se vleuel, Muller du Plessis, sê sy beserings is nou iets van die verlede en sy liggaam voel goed en is gereed vir die naweek se Sewes-wedstryde in Los Angeles. Suid-Afrika is naelskraaps voor Argentinië en Australië in die stryd om koning te kraai in die 2021/2022-Wêreldreeks. Indien hulle die naweek suksesvol is, klop die Blitsbokke hulle naaste teenstanders om die trofee op te eis. Du Plessis sê daar is sterk mededinging in die groep: