Miljarde word aan plaaslike owerheid geskuld

Nes plaaslike owerhede in Namibië, sukkel die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap ook met uitstaande rekenings. Die burgemeester, Xola Pakati, sê die Covid-19-pandemie het ‘n werklikheid geskep waar mense wat nie vir dienste kan betaal nie, toegeneem het. Die afgelope boekjaar was die munisipaliteit se invorderingskoers 71 persent terwyl dit sowat 80 persent moet wees. Huishoudings skuld gesamentlik sowat 3,1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Pakati sê hulle doen ‘n beroep op mense om hulle skuld te vereffen en op te hou om in die donker op te tree omdat dit ernstige gevolge en verlies aan inkomste inhou: