DA verwelkom Barney Pityana as nuwe voorsitter van Lotery-kommissie

Die DA het die aanstelling van Barney Pityana as die nuwe voorsitter van die Nasionale Lotery-kommissie met omsigtigheid verwelkom. Mat Cuthbert van die DA sê hoewel Pityana een van drie was wat die hoogste tellings van partylede op die onderhoudspaneel ontvang het, is hulle baie bewus van hoe diep die verrotting by die kommissie is. Hy sê die party besef dit sal ‘n reuse poging verg om sake reg te stel.