Sportveiligheid vir kinders bevorder

Onderwysers en sportbeamptes uit die 14 streke in Namibië het ‘n werkswinkel by Heja Lodge bygewoon om veiligheid vir kinders in sport te bevorder. Die Integrated Physical Education and School Sports-projek sal by 2 000 primêre en sekondêre skole in al 14 streke toegepas word. GIZ se Sports 4 Development in Africa het ‘n werkswinkel in samewerking met die Namibiese Onderwys- en Sportministeries aangebied. Titus Mwahafa, Raadgewer van Sport 4 Development in Afrika het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is besef dat kinders wat aan sport deelneem, dit binne ‘n veilige omgewing moet doen.