Proses aan die gang om tweeling in Namibië te kry

Uno Katjipuka-Sibolile, die Regsverteenwoordiger van die ouers van die tweeling Paula en Maya Delgado-Lühl, het bevestig die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het eenmalige noodreisdokumente aan die tweeling uitgereik om Namibië toe te kom. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy konsulteer nog met die ouers Guillermo en Phillip en die Regering om die proses aan die gang te kry om die meisietjies in die land in te kry.