Murorua lei Bankiersvereniging

Nedbank Namibia se Besturende Direkteur, Martha Murorua, is as die Voorsitter van die Bankiersvereniging van Namibië aangewys. Die posisie roteer jaarliks tussen die hoofde van die vyf kommersiële banke in Namibië. Murorua neem effektief vanaf 1 Mei by die Uitvoerende Hoof van Letshego Bank Namibia, Ester Kali, oor.