Sport suip al weer aan die agterspeen

Die onttrekking van Namibië in sy gesamentlike bod met Botswana om die 2027-Afcon-toernooi aan te bied het wyd reaksie uitgelok. Sommige menings is dat droogte nie die skuld kan kry nie omdat Namibië in elk geval nie 4,8 miljard Namibiese dollar het om te bestee op enigiets nie, terwyl ander sê dit was in die eerste instansie ‘n fout om die poging so ver te neem omdat daar nou vir die oudits betaal moet word. Sport bly een van die belangrikste elemente vir veral kinders in armer lande om ‘n geleentheid gegun te word maar nou wil dit voorkom asof die plaaslike stadions ook nie opgeknap sal word nie en dus, suip sport, en veral sokker, weer aan die agterspeen. Kosmos 94.1 Nuus het met jeugaktivis George Kambala oor die treurige stand van sake gesels.