Hoërskool-rasieleiers in VSA geskiet, 25-jarige vas

‘n Vyf-en-twintigjarige man word aangekla van dodelike optrede nadat hy twee hoërskool-rasieleiers in Amerika gewond het. Een van hulle het blykbaar in ‘n park in Austin, Texas, ‘n verkeerde voertuig genader. Payton Washington is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal terwyl haar spanmaat van die Woodlands Elite Cheer Company, Heather Roth, ‘n vleeswond aan haar been opgedoen het en reeds uit die hospitaal ontslaan is. Die verdagte, Pedro Tello Rodriguez Junior, kan tot 20 jaar agter tralies beland indien hy skuldig bevind word.