Sport-ekspo: Gebrek aan sportgeneeskunde

Die jaarlikse Namibiese Sport-ekspo het vandag by die MTC Dome op Swakopmund afgeskop en duur tot 11 Desember. Die ekspo, wat deur die Namibiese Sportkommissie aangebied word, het ten doel om atlete en sport in die land te ontwikkel. Daar is meer as 30 stalletjies by die ekspo te sien en meer as 18 sportverenigings is teenwoordig. Môre sal daar ‘n boks-uitstalling wees en Saterdag sal die Namibiese Boogskiet-vereniging ‘n kompetisie hou. Tydens die openingsdag het Melitta Mathe van die Dona Sport- en Gesondheidsfasiliteit haar uitgespreek teen die gebrek aan sportgeneeskunde en gekwalifiseerde personeel in die land.