Onwettige omheinings waai in Kavango-Wes

Daar is begin om onwettige omheinings in kommunale gebiede in die Kavango-Wes-streek te verwyder. Onwettige omheining van verhoed nie net mense in landelike gebiede om die grond optimaal te benut nie, maar verhoed ook wilde diere om vrylik rond te loop. Hierdie praktyk gaan egter voort, met selfs hooggeplaastes in die regering wat daarvan beskuldig word dat hulle daaraan deelgeneem het. Volgens statistieke was Ohangwena boaan die lys met 107 gevalle van onwettige omheinings wat tussen 2012-2015 aangemeld is. Dit word gevolg deur Otjozondjupa met 58 gevalle, Omaheke 48, Omusati 42, Kavango-Oos en -Wes 36 en en Oshikoto 16 gevalle. Jona Musheko, die woordvoerder van die landbouminsiterie gesels met Kosmos 94.1 Nuus…  

Musheko bevestig die verwydering van onwettige omheinings het begin en sal in ander streke voortgesit word.