Spoorwee-staking in VSA eers afgelas

Die hoof Amerikaanse spoorweë en vakbonde het ‘n voorlopige ooreenkoms beklink na 20 uur se samesprekings wat deur die Biden-administrasie bemiddel is om ‘n staking te voorkom. Amerikaanse spoorweë is van kritiese belang vir die land se vervoerkettings. Die voorlopige ooreenkoms gaan nou na die vakbonde sodat daar daaroor gestem kan word en sou dit nie deurgevoer word nie, sal die landwye staking, wat Vrydag om middernag sou begin, eers vertraag word as gevolg van die bewoording van die ooreenkoms. Die nuwe ooreenkoms sluit ‘n onmiddellike loonverhoging van 14,1 persent in.