Selfmoord: Mans moet om hulp vra 

September is Wêreld-selfmoordvoorkomings-maand. Die Internasionale Vereniging vir Selfmoord-voorkoming is toegewyd om selfmoord en selfmoord-gedrag te voorkom en die gevolge daarvan te verlig. Die vereniging lei die globale rol in selfmoord-voorkoming deur strategies ‘n doeltreffende forum te ontwikkel wat pro-aktief is om sterk samewerkende vennootskappe te skep om ten einde die voorkoms van selfmoord en selfmoord-gedrag te verminder. Charles Simakumba, die hoof van die White Ribbon-veldtog in Namibië, het veral mans versoek om te besef dat hulle geliefd is en dat hulle moet begin uitreik.