Oscar hoor vandag of hy in aanmerking kom vir parool

Oscar Pistorius sal vandag weet of hy in aanmerking kom vir parool. Pistorius versoek ‘n vroeë vrylating oor ‘n dispuut rakende wanneer sy vonnis begin het. Sy advokate dring aan dat die voormalige Paralimpiese kampioen in Februarie verlede jaar in aanmerking moes kom vir parool. Pistorius dien ‘n vonnis van 13 jaar uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, in Februarie 2013. Intussen sê Departement van Korrektiewe Dienste se woordvorder, Singabakho Nxumalo, daar word duidelikheid benodig voordat ‘n besluit oor parool geneem word: