Spoorlyn by Kranzberg môre herstel

TransNamib het bevestig dat niemand in die treinongeluk vanoggend by Kranzberg-stasie naby Usakos beseer is nie. Die trein het vanoggend om ses uur met ‘n lokomotief en vier leë treinwaens ontspoor. Dit is die tweede ongeluk van TransNamib vandeesweek. Dinsdag het nege brandstoftenkwaens by Brakwater noord van Windhoek ontspoor en in vlamme uitgebars. TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die spoorlyn sal hopelik môre herstel wees.