Voortvlugtige huur helikopter om homself oor te gee

James Bryant, ‘n voortvlugtige van Nieu-Seeland, het ‘n helikopter gehuur om na ‘n polisiestasie te vlieg sodat hy homself aan die polisie kon oorgee. Bryant is van aanranding aangekla en het vyf weke in Noord-Otago weggekruip, berig internasionale media.