Protesoptog oor volksmoordvergoeding

Die Ovaherero Volksmoord-stigting is tans besig met ‘n protes-optog by die Namibiese parlement en sal ook ‘n petisie aan Staatshuis oorhandig. Dit volg ná die geraakte Nama- en Herero-gemeenskappe ontevrede is met die vergoedingsoorenkoms tussen die Nambiese en Duitse regerings. Namibiese opposisiepartye het ook die regering as swak beskryf om die 18,6 miljard Namibiese dollar van die Duitse regering vir projekte vir die geraakte gemeenskappe van die volksmoord te ontvang. Professor Mutjinde Katjiua, die sekretaris-generaal van die Ovaherero Volksmoord-stigting, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.