Spitsberaad sal Afrika kan help

Reaksie word ontvang op die virtuele Internasionale Spitsberaad van Europese en Afrika-leiers wat deur die Franse President Emmanuel Macron aangebied word. Meer as 30 staatshoofde en regeringsleiers sal deelneem aan die gesprek. Die beraad volg na die Internasionale Monetêre Fonds bereken het dat Afrika-ekonomieë die gevaar staan om teen 2023 ‘n oorhoofse finansiële gaping van 290 miljard Amerikaanse dollar te toon. Professor Nixon Kariithi, ‘n Media Analis en kenner in die gebied van Afrika-sake sê die vasteland kan daaruit baat vind.