Twee-staat is oplossing vir Midde Ooste

President Cyril Ramaphosa sê die omstandighede in Israel en Palestina bevestig weereens wat Suid-Afrikaners te goed weet, naamlik dat konflik slegs opgelos kan word deur vreedsame onderhandelinge. Die jongste geweld het ontstaan nadat ‘n Israeliese hof beslis het dat ‘n groep gesinne in Sheikh Jarrah uit hul huise gesit moet word. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika is daartoe verbind om deel te wees van internasionale pogings wat daarop gemik is om ‘n politieke proses te bewerkstellig. Dit sal lei tot die totstandkoming van ‘n werkbare Palestynse staat wat in vrede langs Israel kan bestaan.