Spesiale Reserwemag gaan Swakopmund help veilig hou

Soos elke feesseisoen word 20 offisiere van die Namibiese Spesiale Reserwemag op Swakopmund ontplooi wanneer die toestroming van vakansiegangers van heinde en verre plaasvind. Hulle sal verseker dat inwoners en toeriste ‘n veilige vakansietyd ervaar. Die burgemeester van die gewilde kusdorp, Dina Namubes, het die beamptes hartlik verwelkom. Die Reserwemag-beamptes word by die munisipale rushuise gehuisves en hul kos en verblyf word deur die munisipaliteit van Swakopmund geborg.