Vloedskade in Johannesburg styg tot R300 miljoen

Die Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, sê die huidige skade aan staatsinfrastruktuur weens oorstromings het tot sowat 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand gestyg. Phalatse het stappe aangekondig om die stad se planne teen oorstromings in Soweto te versterk. Die stad verwag die syfer gaan verder steig terwyl sommige gebiede steeds onder water of ontoeganklik is.  Phalatse sê ‘n verslag deur die stad se rampbestuursentrum is aan die provinsiale en nasionale rampbestuursentrums gestuur. Sy hoop ‘n plaaslike ramptoestand sal verklaar word, want honderde mense ly weens die oorstromings.