Windhoekers wil in hitte in Olympia-swembad afkoel

Ná ‘n warm naweek in Windhoek sonder enige lafenis van reën, sien inwoners en besoekers weer daarna uit dat die munisipale swembad in die Olympia-woonbuurt weer môre oopmaak. Stad Windhoek het die naweek die swembad gesluit weens ‘n gebrek aan lewensredders op die perseel. Besprekings vir funksies by die lapa-area is vir die naweek toegelaat, maar nie die gebruik van die swembad nie. Inwoners is aangeraai om eerder in die Katutura- swembad af te koel. Met die feesseisoen wat begin het, wil inwoners wat met Jan Tuisbly se karretjie ry, graag munisipale swembaddens toe gaan.