Unesco geen Nam en Bots tot 1 Februarie vir olie-verslag

Die Wêreldbewaringskomitee van Unesco het sy kommer uitgespreek oor die toekenning van olie-eksplorasie-lisensies in omgewingsensitiewe gebiede in die Okavangorivier se opvangsgebied in noord-wes Botswana en noord-oos Namibië. Die komitee moedig die lande aan om te verseker dat die olie-projek deeglik en krities beoordeel word. Die komitee vra ‘n verslag waarin die sosiale en ander invloede beoordeel word. Die Okavango Delta het in 2014 ‘n Unesco-bewaringsgebied geword. Die oorsigverslag moet op 1 Februarie volgende jaar voorgelê word.