Spele: kommer oor Covid

Twee atlete in die Tokio Olimpiese dorp het positief vir Covid-19 getoets ná ‘n mede-spanlid besmet is. Dit het vrees laat ontstaan van ‘n groepuitbraak net voor die openingsplegtigheid. Die eerste gevalle onder atlete in die Olimpiese dorp is aangemeld ‘n dag nadat ‘n lid van hulle metgeselgroep die eerste persoon geword het wat positief getoets het. Duisende atlete gaan in die dorp tuis. Deelnemers vlieg van oral in die wêreld na die Spele wat weens die pandemie vertraag is en wat weens die risiko van Covid-19 aansienlike teenkanting in Japan verduur.