Meester van die hoërhof onder druk

Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab sê haar ministerie werk onverpoosd om die prosesse by die meester van die hoërhof meer vaartbelyn te maak. Die personeel is op die oomblik oorweldig met aansoek en navrae as gevolg van die Covid-sterftes. Dausab sê hulle oorweeg om die sterftes te skei van al die ander sterftes omdat Covid-sterftes prioriteit moet geniet as gevolg van die maatreëls. Sy het bygevoeg die kantoor van die meester is reeds onder druk met personeel tekorte as gevolg van Covid. Volgens haar was daar onlangs net vyf personeel omdat 16 positief vir die virus getoets het.