Prysstygings word ondersoek in KZN

Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake in KwaZulu-Natal het klagtes van verbruikers ontvang oor toenemende prysstygings van sekere kossoorte sedert die onrus begin het. Die departement waarsku mense wat buitensporige wins maak hy sal nie huiwer om stappe teen hulle te neem nie. Sy verbruikersbeskermingseenheid is opdrag gegee om alle klagtes te ondersoek. ‘n Landbou-ekonoom, André Jooste, sê prysstygings het te make met onderbroke verskaffing: