Spele gaan voort… ons dink so…

Die President van die Tokio Olimpiese Spele Seiko Hasimoto sê Japan is verbind tot ‘n veilige Spele wat wel die somer in die land sal plaasvind. Hy het die aanmerkings gemaak terwyl gevalle van Covid skerp toeneem, veral in stede, regoor Japan. Noodmaatreëls sal in verskeie dele van die land ingestel word om die verspreiding van die virus te bekamp. Miljarde is reeds deur die land bestee vir die Spele wat verlede jaar uitgestel is. Gesondheidsowerhede in die land sê Japan is tans in sy vierde vlaag van infeksies. ‘n Peiling toon dat twee-derdes van die land se inwoners meen die Spele moet of uitgestel of gekanselleer word.