Boelie-slagoffer word môre begrawe

‘n Gedenkdiens word vanoggend in Limpopo gehou vir die 15-jarige Lufuno Mavhungo wat haar eie lewe geneem het nadat sy by die Sekondêre Skool Mbilwa in Sibasa in die provinsie afgeknou is. ‘n Video wat wyd versprei is, wys hoe sy aangerand word terwyl ander kinders die aanvaller aanmoedig. Die meisie wat van die aanval beskuldig word, is in hegtenis geneem. Sy is ook 15 en sal vandag die eerste keer in die Landdroshof in Thohoyandou verskyn. Lufuno word môre begrawe.