Soos ‘n wafferse skouperd…

Die Namibiese Saalperdvereniging Sentraalstreek bied op 7 en 8 Mei ‘n Saalperdstreekskou aan op Rolé Equestrian Sentrum se perseel, geleë in Brakwater. Dit is ‘n streekskou en is die voorloper van die groot Nasionale Namibiese Kampioenskapskou wat vanaf 21 tot 23 Oktober plaasvind op dieselfde perseel, met drie verskillende rasverenigings. Karin Schreuder, die Namibiese Saalperdvereniging, Sentraalstreek se waarnemende Voorsitter het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.